A Rhyme for Father’s Day
Môre, Pa (Morning, Dad) is a Father’s Day rhyme in Afrikaans for my dad, for every other dad and especially dads who had already stepped across to a a Heavenly Dad.
Hierdie is ‘n Vadersdag rympie vir my pa, vir elke ander pa en veral vir pa’s wat al oorgestap het na ‘n Hemelse Pa

Môre, Pa
Oudste het Pa se ligte gelaat en welige donker hare,
Jongste het Pa se fyn postuur – ’n mens nes Pa met fyne snare.
Ons almal speel met woorde, soos Pa het in my jonge jare.
Ek sien Pa in Oudste as hy uit die bloute woedend raak, vir net ’n bietjie stout.
In Jongste as hy sê: “Ek proe iets anders in vandag se hawermout,”
In myself as ek wonder: “Waar’s die trek? Dis dan skielik so koud.
Soos Pa, sien Oudste reguitpraat as die beste kommunikasie.
En nes Pa, ken Jongste reg en verkeerd in byna elke situasie.
Ons almal ag alle mense waardig, ongeag hul nasie.
Pa kon nie hare vleg nie, maar wel dorings uithaal, so sekuur!
Al was Pa nie altyd reg nie, het Pa my reggestuur.
En Pa is nie rêrig weg nie, want ek sien Pa orals hier.
Môre, Pa
Ons sien Pa in ons maak en bou en speel, ons oplos, regbuig en herstel.
Vir Pa was kreatief wees baie goed; nou’s dit in ons bloed, skyn deur ons vel.
Speel was vir Pa die lewe, en die lewe ’n immer skeppend’ spel.
Tot weersiens, Pa